Wie's Bang vir Virginia Woolf?

Wie's Bang vir Virginia Woolf?

Story

Saartjie Botha en die Fugard Teater bied met trots die Afrikaanse vertaling van Edward Albee se veelbekroonde drama van Who’s Afraid of Virginia Woolf? aan. Die skreeusnaakse, maar gitswart donker woorde-oorlog is op die planke vanaf 28 Julie in die hoofteater vir ‘n kort speelvak tot 8 Augustus.

’n Ou-getroude professor en sy vrou, George en Martha, nooi ’n pas-getroude, pas aangestelde jong professor en sy vrou vir ’n loopdop na ’n fakulteitsfunksie. ’n Nag van waansin volg: die niks- vermoedende nuwelinge word in die bestek van ’n paar uur deur vernedering, frustrasie en manipulasie heeltemal ontredderd gelaat. Dit word ’n nag waarin pretensie en voorgee brutaal ontmasker word, en ’n huwelikbootjie op die rotse afstuur. George en Martha ontsien geen moeite om mekaar verbaal te vermorsel en kreatiewe maniere te vind om mekaar te uitoorlê nie.

Who’s Afraid of Virginia Woolf? is vir die eerste maal op Broadway opgevoer in 1962 en word bekroon met ’n Tony Toekenning sowel as die New York Drama Critics’ Circle prys vir beste nuwe stuk. Dit is destyds beskou as “a brilliant original work of art”, en die tallose sukselvolle produksies die afgelope halwe eeu bevestig dat die stuk niks van sy impak verloor het nie. Dramaturg Edward Albee het reeds die Pulitzer Pryse vir drama drie keer gewen. Hy kry ook die prys vir Virginia Woolf, maar dit word destyds teruggetrek na klagtes oor die godslastering en losse sedes in die stuk. Van Albee se bekendste werke sluit in The Zoo Story, The American Dream and The Goat, or Who is Sylvia maar Virginia Woolf? bly sy bekendste werk, ondermeer danksy Mike Nichols se klassieke 1966 filmweergawe met Elizabeth Taylor en Richard Burton.

In Saartjie Botha se Afrikaanse vertaling Wie is bang vir Virginia Woolf? is Marius Weyers te sien in die rol van George en Sandra Prinsloo as Martha. Wessel Pretorius en Greta Pietersen speel die jong, niks-vermoedende paartjie, Nick en Honey. Christiaan Olwagen, vanjaar se Jong Kunstenaar vir teater by die Nasionale Kunstefees op Grahamstad, is die regisseur. Olwagen is reeds veelbekroon, onder andere vir sy eietydse, grensverskuiwende aanslag in die Die Seemeeu, en die semi-biografiese Dogma. Hy word bygestaan deur ’n sterk produksiespan: Birrie le Roux (kostuums), Jaco Bouwer (stel), Wolf Britz (beligtingsontwerp) and Charl-Johan Lingenfelder (klankbaan).

 


 

Saartjie Botha, in partnership with the Fugard Theatre, are proud to present Edward Albee’s award-winning masterpiece, Who’s Afraid of Virginia Woolf? The hilariously dark martial war of words will run at the Fugard Main Theatre from 28 July for a limited season which must close on 8 August.

On the campus of a small university the once loving but now embittered and battle-scarred aging couple, George and Martha entertain a new young professor and his wife following a late night faculty party. Over the course of the evening the unwitting guests are drawn into a three act tour de force of humiliation, frustration and manipulation that will leave everyone’s cards face-up on the table and a marriage in serious trouble. Marital strife has never been so wickedly fun as the sharp-tongued dysfunctional couple discover inventive ways to get under the other’s skin, building to a climax that still leaves audience aghast.

Who’s Afraid of Virginia Woolf? premiered on Broadway in late 1962 and went on to win both the Tony Award and the New York Drama Critics’ Circle award for Best Play. Hailed at the time as “a brilliant original work of art”, the numerous award winning revivals over the past half century have proven that the play still packs the same punch it delivered in its debut. The play’s author, Edward Albee, has received three Pulitzer Prizes for drama and was selected by the award’s drama jury for Virginia Woolf? but was overruled by the advisory committee which elected not to give a drama award at all that year because of the play’s then controversial use of profanity and sexual themes. Albee is also well known for his other works including The Zoo Story, The American Dream and The Goat, or Who is Sylvia but Virginia Woolf? would likely be his most well known work in some part due to Mike Nichols 1966 film adaptation featuring Elizabeth Taylor and Richard Burton.

Saartjie Botha’s Afrikaans translation Wie is bang vir Virginia Woolf? stars Marius Weyers in the role of George and Sandra Prinsloo as Martha. Wessel Pretorius and Greta Pietersen will portray the young unsuspecting married couple, Nick and Honey.

Christiaan Olwagen, the Young Artist for Theatre at this year’s NAF has won numerous awards, among others for his version of The Seagull, as well as his thought provoking Dogma, is the director. Olwagen is assisted by a design team including, Birrie le Roux (costumes), Jaco Bouwer (set), Wolf Britz (lights) and Charl-Johan Lingenfelder (sound).

Reviews

"Theatre at its best" - Bizcommunity

Dates & Times

  • Dates

    28 Jul 2015 - 08 Aug 2015
  • Time

    MON – FRI 7:30 PM | SAT 4 PM
  • Price

    R90 – R180
  • Duration

    150 minutes including interval
  • Language

    Afrikaans with English surtitles

Cast & Creative

  • Cast

    • Marius WeyersGeorge
    • Sandra PrinslooMartha
    • Wessel PretoriusNick
    • Greta PietersenHoney
  • Creative

    • Saartjie BothaVertaling
    • Christiaan OlwagenRegie
    • Birrie le RouxKostuums
    • Jaco BouwerStelontwerp
    • Wolf BritzBeligtingsontwerp
    • Charl-Johan LingenfelderKlankbaan
    • Jeanne SteenkampVerhoogbestuur